Jones Dam

Jones Dam is gelee aan die weste kant van die S36 grondpad, en is naby die H1-2. Die dam is omring deur gemengde boswilg. Dit is 'n lekker plek om bietjie stiltetyd deur te bring.

Olifante kom gereeld afkoel gedurende die warm somermaande, terwyl kudu, impala, vlakvark en kameelperde ook gesien kan word.

Leeus is al hier gewaar en 'n paar rare luiperds besigtigings is ook al gerapporteer.


Geskep: ; Laas opgedateer: