Letaba Olifant Museum

Die Letaba Olifant Museum is geleë in die Krugerwildtuin in die Limpopo Provinsie, Suid Afrika.

Die olifant museum is geleë in die Letaba Ruskamp, omtrent halfpad tussen die noordelike en suidelike dele vandie Park. Die naaste ingangshek aan die kamp is net buite die dorp Phalaborwa. Sodra jy deur die hek is, is die Letaba Kamp 50km weg.

Ivoor en skedels van die Krugerwildtuin se groot olifante, genaamd die "Manjifieke Sewe"word hier uitgestal. Hierdie indrukwekkende bulle het tande gehad wat meer as 50kg elk geweeg het en in 1980 is hulle individueel benoem deur die park opsigter van daardie tyd, Dzombo, Kambaku, Mafunyane, Ndlulamithi, Shawu, Shingwedzi en ongetwyfeld die mees beroemde van almal, Mandleve. Die reaksie van die publiek was ongelooflik en toe elkeen van hierdie olifante dood is, het hulle besluit om hul tande en skedels te kry en uit te stal.

Die mees onlangse stel tande wat bygevoeg is, is die van Mandleve. Hy is dood van natuurlike oorsake in 1993 en was die grootste ivoor draende olifatnt wat nog in die Kruger Nasionale Wildtuin aangeteken is. Die ander 6 olifante is almal dood tussen 1981 en 1985. Inligting oor die evolusie van olifante, hul gedrag en ekologie is ook op uistalling met speletjies en aktiwiteite vir kinders.

Dinge om te sien en te doen

  • Olifant skedels
  • Ivoor
  • Volle olifant skelet
  • Velle en skedels van ander wilde diere
  • Muurkuns
  • Kinder aktiwiteite
  • Wildsritte
  • Akkommodasie

Toegang

Toegang tot die Olifant Museum is gratis, alhoewel daar 'n hekfooi is vir ingang tot die Wildtuin. Kontak asseblief die Park direk vir bevestiging van dagbesoeker fooie.

Klimaat

Die reënseisoen in Phalaborwa is hoofsaaklik in die somermaande, met die hoogste reënval tussen November en Februarie.

In somermaande, Oktober tot Maart, kan die temperatuur wissel tussen 18˚C tot 43˚C.

Wintermaande, Mei tot Augustus kan temperature afbring tot 8˚C en 24˚C.

Vervoer

Daar is daaglikse vlugte van Johannesburg na die Hendrik van Eck Lughawe in Phalaborwa. Kar huur maatskappye is beskikbaar vir maklike toegang tot die omgewing. Vervoer vanaf Johannesburg via die N12 en N4 sal omtrent vyf en 'n half uur neem.

There are daily flights from Johannesburg into the Hendrik van Eck Airport in Phalaborwa. Car rental companies are available for easy access to the surrounding areas. Road trips from Johannesburg via the N12 and N4 will take approximately five and a half hours. 






Geskep: ; Laas opgedateer: