Pioneer Dam Skuiling

Regoor Mopanie Kamp is die Pionier Dam skuiling wat uitkyk oor die Pionier Dam en hier kan mens baie tyd spandeer in die rustige atmosfeer, terwyl jy seekoeie en watervoëls dophou.

Die Pionier Dam is in 1980 gebou, en dien vandag as 'n permanente bron van water in die Noorde.

Voëls wat hier gesien kan word is Grootwitreier, Groottroupant, Wolnekooievaar, Witborsduiker, Bruinkop- en Bontvisvanger.

Net 8 voertuie per keer word toegelaat en daar is geen ablusie fasiliteite beskikbaar nie.



Geskep: ; Laas opgedateer: