Nshawu Dam

Nsahwu Dam is gelëe in 'n oop grasland area, so dis maklik om wild te sien.

Die dam trek baie olifante aan, veral in die laatmiddag wanneer hulle kom drink. Dit bied ook 'n goeie geleentheid om seekoei, krokodille en rooi hartebees te sien in die grasserige areas rondom die dam.

Daar is 'n oorvloed van watervoëls, soos Knobbeleend, Waterhoender, Geelborsstrandkiewiet, Lepelaar, Bontkiewiet, en op geleentheid, Saalbekooievaar.

Die vele grasland voëls wat hier voorkom sluit in Natalse- en Bosveldfisante, Laeveldpatrys, Boskorhaan, Gompou, Langbeenkorhaan, Witkopkiewiet en Blouvleivalk.

Geskep: ; Laas opgedateer: