Nshawu #3 Waterhole

Op die S50, tussen Mopani en Shingwedzi, is daar 'n groepie watergate met die naam Nshawu #1,2,3 en 5 langs die Nshawu stroom.

Alhoewel olifante gereeld gesien word, is hierdie area meer bekend vir sy voëllewe.
Die eerste besigtiging van Teeleend in die Kruger is hier aangeteken, toe daar 'n swerm van 14 gesien is.
Interessante watervoël besigtingings sluit in: Ringnekstrandkiewiet, Moerasruiter, Kwartelkoning en Lepelaar. Witbors- en Blouvleivalk mag dalk hier in die reënseisoen gesien word.

Geskep: ; Laas opgedateer: