Mooiplaas picnic spot

Mooiplaas is een van die mees onderskatte piekniek areas in die noorde van die Kruger. Baie mense ry eenvoudig verby sonder om the stop, dalk as gevolg van die feit dat dit omtrent 5km se ry is vanaf die suide van Mopani.

Mooiplaas is op die oewer van die klein Tsendze Rivier en het 'n pragtige uitkyk vanaf die grasdak platform wat oor die rivier uitkyk.

'n Grasdak lapa voorsien mens van 'n skaduryke area waaronder jy ook iets kan voorberei om te eet. Die hele piekniek area is skaduryk en is sinvol uiteengesit.

Behalwe die gewone gasbraai wat mens kan huur, is daar ook 'n braai area waar jy kan vuurmaak en jou eie vleis braai.

Mooiplaas het ook ablusie fasiliteite.


Geskep: ; Laas opgedateer: